Description

Warning, this event was expired!

Pichi Keane (uitgespreek as “peachy keen”) is ‘n queen met ‘n onversadigbare lus vir die lewe en ander dinge… Wulps, woelig en wawydwakker, Pichi skerts en sing oor liefde, gender, en queer wees in ‘n tyd waar almal wonder wat in jou broek sit. Plaaslike fopdosser Pichi nooi mede-Bolanders om Soetsappig te besigtig voor dit vars en vrolik opgedis word by die Vrystaat Kunstefees.

‘n Kabaret vir almal wat kaalgatperskes en ander verbode vrugte geniet. 

Soetsappig is nie geskik vir onder-16s of die meer fynbesnaardes nie.

Naval Hill-planetarium