Description

Warning, this event was expired!

PICHI KEANE in “SOETSAPPIG!”

Pichi Keane (uitgespreek as “peachy keen”) is ‘n queen met ‘n onversadigbare lus vir die lewe en ander dinge… Wulps, woelig en wawydwakker, Pichi skerts en sing oor liefde, gender, en queer wees in ‘n tyd waar almal wonder wat in jou broek sit.  

Kort op die hakke van haar bekroonde debuut drag kabaret ‘Ripe ‘n Ready’, kom ‘Soetsappig’ – ‘n eerlike blik op lewe as a genderqueer kunstenaar vasgevang in vroulike vorm. Pichi probeer die patriargie uitpluis en femininiteit ontlont met, onder andere, ‘n oorspronklike toonsetting van DJ Opperman se ‘Sproeireën’ en Appel se ‘Wys My Jou Lemoene’. Die kabaret is vir die jonk en jeukerig, ongelukkig geen onder 18s.
Die fopdosser het in 2023 opslae gemaak by die Nasionale Kunstefees in Makhanda waar sy ‘n Standard Bank Silver Ovation Award opgeraap het – tesame met vele feesgangers se harte. Later in dieselfde jaar is daar met hul drag kabaret ‘Ripe ‘n Ready’ ook ‘n toer van die Tuinroete voltooi, en alle venues is uitverkoop. Nou is sy opgewonde om haar eerste Afrikaanse kabaret aan te pak. 

‘Soetsappig’ is eg kabaret, met staaltjies oor Pichi se ervaring as ‘n genderqueer kunstenaar vasgevang in vroulike vorm en liedjies van verskeie musiekgenres wat saamgesnoer word soos Pichi probeer om die patriargie uit te pluis en femininiteit te ontlont met, onder andere, ‘n oorspronklike toonsetting van DJ Opperman se ‘Sproeireën’ en Appel se ‘Wys My Jou Lemoene’. 

Selfs tussen al die gewaagde grappies deur, is daar altyd ‘n aspek van uitreik na die menslikheid in elke gehoorlid. 

Geen onder 18s word toegelaat as gevolg van die inhoud van die vertoning, oa kru taalgebruik en seksuele temas.

‘Soetsappig’ is wél vir jou as jy queer, kinky, of nuuskierig is, maar almal met ‘n stoute sin vir humor sal dit ook kan geniet. 

Gallery