Description

Valiant Swart – Sweet 60th by Daisy Jones

Dis reg, die Mystic Boer word sestig! En ons vier dit soos net Valiant en sy mense kan. Dis nie net sy musiek wat al dekades lank die klankbaan van ons lewens inkleur nie, dis ook die tunes wat ons terugneem na laataand kuiers om die vuur, die stofstrate van Oppikoppi, kroegies op klein dorpies, teaters landwyd, en elke opskop en festival tussenin.

Maar dis nie net die musiek nie. Wat Valiant regtig next level maak, is die wonderlike vriendskappe wat oor baie jare met hom en deur hom gesmee is. Dis jý. Dis ons almal.

vir die popsterre op die klein dorpies

die digters in die kommunes,

die dropouts, die opskoppers,

die sleazegatte, die pyle

en die kripvreters se kinders

vir Elvis en Jimi en Kurt en James,

Johnny wat nie dood is nie

en die Ruiter in Swart;

vir die vrye geeste

die liefdemakers

en die sondaars

en die sweet rock ‘n rollers

So, ons nooi ál sy vriende – oud, nuut, wild en wakker – na Daisy Jones op 23 November 2025 om die groot 6-0 te vier soos net ’n Valiant crowd kan. Kom celebrate bra Valiant saam met ons. Dis meer as net ’n verjaarsdag. Dis ’n huldeblyk aan ‘n legende.

Sondag 23 November 2025

Daisy Jones, Stellenbosch

Deure: 13h00

Kaartjies R260 aanlyn by Quicket